Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jul - Sep 2025
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS

ONS WÊRELD

Die kombuis ruik nog soos . . . kaneel, nartjie, steranys en bredie

WIMBLE Gin • Ons kyk rugby, maar ons kyk ook tennis! Dis weer tyd vir Wimbledon, aarbeie en room, en voorste modes. En ons is reg vir die toernooi met ’n spog-middagtee en ’n verfrissende gin in die hand – jenewer ook uit eie bodem. Bekendes Amalia Uys en Jak de Priester vang saam die tennisgees

In jou mandjie • Trek jou tekkies aan, kry daai balle en geniet elke oomblik van jou tennispartytjie – hier’s als om ’n wenhou te slaan

DIE GEUR VAN GELUK • Reuk neem kortpad deur jou brein en kan jou geheue beter tokkel as sig. Daarom dat ’n sweempie kaneel jou dadelik terug na jou kinderjare en jou ouma se melktert kan laat vlieg. Ons vier 6 ikoniese geure wat keer op keer daardie nostalgie na jou tafel toe sal bring en jou hart laat sing

GROEN VAN LEKKERTE • Dis die beste seisoen van die jaar: avokadotyd! Die rakke kreun letterlik onder dié romerige vrugte en ons kan nie genoeg kry nie. Kom sit aan en hoor meer

ONDER ’N SOUSKOMBERS • Maak jou Sondagtafel op sy beste met bykosse wat warm onder ’n kombers van sous skuil met ’n krummelrige, kaserige korsie bo-op. Dis mos net waarvoor die winter vra!

KOOKKLAS: PASTEI VIR DIE WEN • Wat is die winter sonder sy pastei? Dalk met tjips of slaai, of sommer net so in die kar saam met ’n sjokolademelkie (ja, ons almal het dit al so geëet). ’n Pastei het die manier om jou in te nooi. Die goue kors, ’n hart vol lekkerte en natuurlik die krummels op jou skoot as jy met die hand eet

E-pos uit BESANÇON, FRANKRYK • Ná vier jaar in Frankryk is Arnoldia Pienaar steeds verlief op die land met sy talle ‘knorrige’ mense. Hoekom, weet sy nie eintlik nie, dis inderdaad ’n geval van je ne sais quoi. Die mooi taal, die Franse se elegante klerestyl en hul oog vir detail speel als ’n rol. En natuurlik die lekker kos

Eiers sonskyn op jou bord! • Met eiers kan jy baie doen, dis ’n slim manier om jou kos te rek en ekstra proteïene by te sit. ’n Eier, een van die bekostigbaarste proteïenbronne op die rak, bevat ook talle ander voedingstowwe en is ’n hele ete op sy eie. Begin jou dag sunny-side up!

WEEKSDAG-ETES GOU-GOU! • Laat jou wintertafel oorloop van lekker kos wat jou troos van binne en boonop sorg dat jou beursie nie te gou krimp nie

Bistro BY DIE HUIS • Bistro-kos ken min gelykes. Dis die Franse manier om eenvoudige maar smaaklike kos voor te sit en een wat die toets van tyd oorleef het. Ons deel ’n bederf-spyskaart vir jou winter-bistro aan huis

OUMA WEET DIE BESTE • Jy hoef nie na die Steentydperk te kyk om te verstaan hoeveel ’n moderne leefstyl in stryd is met wat ons nodig het om die meeste uit die lewe te put nie. Ons grootouers het eenvoudiger geleef . . . en was waarskynlik gesonder as ons. Só het Ouma dit gedoen – en wat jy daaruit kan leer

AITSA, so ’n AARTAPEL • Ertappel, kartoffel, patata, potato of pomme de terre – hoe jy dit ook al noem, die nederige ‘appel van die aarde’ wen harte in elke taal en in elke kombuis. Of jy die veelsydige knolgroente bros, gebak, fyngemaak of as tjips verkies, aartappels bly ’n gunsteling oor generasies heen met ’n lang en interessante geskiedenis

IN JOU PRUTPOT STOWE-STOWE SO • Bredies en stowegeregte wat hul werk staan en doen, stadig maar seker, is die winterkombuis se helde. Die prutpot, dalk beter bekend as die slow cooker, is in 1940 deur die Amerikaner Irving...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans